Sri Lanka verklaar gesondheidsnoodtoestand

Sri Lanka se voorste mediese liggaam, die regering se vereniging vir mediese amptenare, het ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand verklaar weens ‘n ernstige tekort aan medisyne en toerusting in die land. Volgens internasionale media, is die aankondiging die jongste in ‘n reeks terugslae vir Sri Lankane wat reeds deurloop onder stygende inflasie, kragonderbrekings wat ‘n halwe dag en langer duur, en tekorte aan voedsel, medisyne en brandstof. Die vereniging sê die regering kan nie eens mense se reg op lewe en reg op gesondheidsdienste waarborg nie. Die land gaan op die oomblik gebuk onder erge protesaksie en die kabinet, sowel as ander senior regeringslui het reeds bedank.