Van Gaal sal onvergeetlike wêreldbeker beleef – spankaptein

Nederland se kaptein, Virgil van Dijk, sê hy hoop om vanjaar se Wêreldbeker in Katar ‘n onvergeetlike ervaring vir afrigter Louis van Gaal te maak. Die 70-jarige voormalige baas van Manchester United het bekend gemaak dat hy vir prostaatkanker behandel word. Van Gaal het verlede Augustus die derde keer Nederland se afrigter geword. Nadat sy span nie in 2002 vir die Wêreldbeker gekwalifiseer het nie, het hy hulle in 2014 tot ‘n derde plek gelei. Hy het ook gesê hy sal sy span na Katar vergesel. Van Dijk sê hy was geskok toe hy die nuus oor sy toestand hoor: