Nog 3 tot 4 repokoers-verhogings, na April, voorspel

IJG Sekuriteite in die hoofstad meen dat kredietverlening in die privaatsektor die jaar rondom 2,5 tot 2,6 persent sal bly, wat goed vergelyk met dit wat in 2021 aangeteken is. Die makelaarsfirma voeg by in die vooruitskatting vir die jaar dat die Bank van Namibië die bank terugkoopkoers op 13 April met 25 basispunte sal verhoog en sê die stap sal gevolg word deur ‘n bykomende drie tot vier verhogings deur die res van die jaar. Maar, IJG sê al styg die repokoers met 25 basispunte by elke beleidskomitee se vergadering vanjaar sal rentekoerse volgens historiese standaarde relatief akkommoderend bly.