Soedan se eerste minister bedank

Soedan se eerste minister, Abdalla Hamdok, uit sy pos bedank bykans twee maande ná ‘n militêre staatsgreep in die land uitgevoer is. Dit beteken die weermag is nou ten volle in beheer. Hamdok was ‘n burgerlike. Duisende Soedannese het gister opgeruk na die presidensiële paleis in Khartoum om teen die ooreenkoms tussen weermagleiers en die premier Abdalla Hamdock te protesteer. Dit het gewelddadig geword en lewendige ammunisie is gebruik, sowel as traangas.