Namibiese polisie sê eienaars van klubs, kroeë kom nie maatreëls na

Die Namibiese polisie sal die komende week met verskeie nagklub- en kroeg-eienaars vergader omdat talle nie die wetgewing gehoorsaam nie. Die adjunk-inspekteur-generaal van Nampol, generaal-majoor Joseph Shikongo het die aankondiging gemaak en gesê dat die meerderheid van die besighede in die hoofstad nie maatreëls en wetgewing nakom nie. Shikongo het sy frustrasie aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek en sê tydens ‘n veiligheidsoperasie oor die naweek het hulle byeenkomste van tot 3 000 mense gesien en voeg by dat die besighede geen respek het vir wetgewing nie. In sy mening moet die wetgewing in verband met dranklisensies ook nagegaan word om te verseker dat die reëls wel die doelwitte van die owerhede en die gemeenskap vervat.