Indië kolf eerste in tweede toets teen SA

Krieket: Indië se kaptein, KL Rahul, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die tweede toets teen Suid-Afrika op die Wanderers in Johannesburg. Rahul voer die span aan nadat Virat Kohli beseer is. Vir die gasheer speel Kyle Verreyne paaltjiewagter na Quinton de Kock se uittrede, terwyl Duanne Olivier vir Wiaan Mulder vervang. Suid-Afrika verkeer onder druk om goed te vaar nadat die toerspan verlede week se eerste toets oortuigend gewen het.