Samherji-vissermanne sê GRN moet help

Ongeveer 180 vissermanne wat werksaam was by Saga Seafood wat deur die Yslandse maatskappy Samherji besit was, sê hulle sukkel steeds om sedert die maatskappy in 2020 gesluit het, werk te kry. Volgens berigte het die maatskappy se twee vaartuie Saga en Geysir vertrek sonder om die werkers te laat weet hulle  onttrek uit Namibië. Vakbonde moes tussenbeide tree om te verseker dat die werkers hulle skeidings pakkette ontvang. Dit is uiteindelik oorbetaal. Daar was aanvanklik 210 vissermanne wat afgedank is maar die meerderheid kon nie weer werk kry nie. Hulle meen dit is die regering se plig om hulle by staan as gevolg van die feit dat regeringsamptenare na bewering betrokke was by die korrupsieskandaal wat die onttrekking veroorsaak het.