Minister wil ook weet van kontrak van miljoene

Daar is groot kritiek teenoor die sportministerie uitgespreek oor die 14 miljoen Namibiese dollar wat in 11 jaar op ‘n uitsaaistelsel en LED-skerm bestee is. Net meer as 14,3 miljoen dollar is tussen 2009 en 2021 op ‘n kontrak bestee en die kontrak duur voort. Maar die stadion waar die stelsel is, die Onafhanklikheidstdion, is nie in gebruik nie omdat dit nie op standaard is nie. Die minister, Agens Tjongarero sê sy wil ook weet van die enorme uitgawe.