Tigrayse bevryders het doelbewus burgerlikes geteiken

‘n Nuwe verslag van Amnestie Internasionaal sê soldate van die Tigrayse People’s Liberation Front het doelbewus burgerlikes in Ethiopië se Amhara-streek doodgemaak en vroue en meisies aan bendeverkragtings onderwerp. Die menseregte-waghond het 30 verkragtingslagoffers, waarvan sommige net 14-jaar oud was, en ander slagoffers van geweld ondervra. Amnestie Internasionaal sê baie van die oorlewendes het ernstige fisiese en sielkundige skade opgedoen. Tien van die slagoffers was drie maande lank in die hospitaal nadat hulle verkrag is. Tigray-magte het in Julie verlede jaar beheer geneem oor twee gebiede in die Amhara-streek.