Slegte nuus vir SA-rand en Nam-dollar

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Internasionale Monetêre Fonds Suid-Afrika se ekonomiese groei vooruitsigte vir die jaar tot 0,9-persent verlaag het. Projeksies vir 2025 is ook met 0,1-persentasiepunte tot 1,2-persent verminder. Die IMF sê benewens lae groei, sal Suid-Afrika vanjaar ook gebuk gaan onder inflasie en hoë werkloosheid. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê dit sal die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar onder verdere druk plaas.