Spanje se Sanchez sal aanbly

Spanje se eerste minister, Pedro Sanchez, het besluit om in sy amp te bly nadat hy oor sy toekoms gedink het. Sy aankondiging het blykbaar verligting onder sy linkse bondgenote, ontsteltenis onder die publiek en bespotting deur sy teenstanders veroorsaak. Sanchez het met die aankondiging ‘n vyf-dae-lange drama tot ‘n einde gebring. Hy het verlede week gesê hy onttrek van openbare diens om te besluit of hy moet bedank oor ‘n korrupsie-ondersoek teen sy vrou. Hy beskryf die ondersoek as ongegrond en georkestreer deur sy regse politieke teenstanders.