Die massagraf, die slawe, die Namibiër en die dokumentêr

Tydens die bou van die St. Helena-lughawe het die Namibiër Annina van Neel verneem van ‘n ongemerkte massabegraafplaas van ‘n geskatte 9 000 mans, vroue en kinder-slawe van Afrika op die terrein. Die ontdekking het een van die belangrikste fisiese spore van die trans-Atlantiese slawehandel aan die lig gebring. Sy het met die Amerikaner Peggy King Jorde begin veg vir die behoorlike herdenking van hierdie slagoffers, wat Brittanje se ontstellende koloniale verlede blootlê. Van Neel bied volgende week ‘n vertoning van die dokumentêr hieroor, “Story of Bones”, by die Goethe-instituut in Windhoek aan. Van Neel gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.