NamWater vra ook vir ‘n verhoging

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 8 persent in NamPower se grootmaat elektrisiteitstarief vir die 2024/25-tydperk goedgekeur. Alle kragverspreidings-lisensiehouers sal binnekort by die raad aansoek doen vir ‘n hersiening van hul verspreidingstariewe. Stad Windhoek sal binnekort konsultasies begin voordat sy begroting vir die 2024/25-boekjaar gefinaliseer word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, gesels oor of hulle ook by die kabinet aansoek gedoen het vir ‘n verhoging in tariewe.