Nadal veg hard terug, deur na laaste 16

Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die laaste 16 by die Madrid Open terwyl hy van ʼn besering herstel. Hy het Pedro Cachin van Argentinië in net meer as drie ure met 6-1, 6-7 en 6-3 geklop. Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner, is steeds op dreef om sy vierde titel van die jaar te wen nadat hy die Rus, Pavel Kotov, met 6-2 en 7-5 verslaan het. Casper Rudd van Noorweë en Daniil Medvedev van Rusland spog ook met oorwinnings. Nadal vertel hoe hy die wedstryd beleef het: