Kookolie-aanleg kom op Walvisbaai

Plaaslike berigte lui dat die munisipaliteit van Walvisbaai ‘n aansoek deur Sunflower Namibian Oil Production, om ‘n kookolie verwerkingsaanleg in die kusdorp aan te bring, goedgekeur. Daar is onlangs pogings deur die Akkerbouraad en die landbouministerie gemaak om sonneblomproduksie in die land te verhoog. Luidens wat berig word, sal die maatskappy sy omgewingimpak-studie moet uitvoer en ook ‘n omgewingsbestuursplan daarstel. Die munisipaliteit sê as die statutêre verpligtinge nagekom is sal hy binne 12 maande die aansoek goedkeur.