Kindermishandeling-syfers skok

‘n Onlangs vrygestelde verslag deur die African Partnership to End Violence against Children bevat skokkende statistieke. Daar is gevind dat meer as die helfte van alle kinders in Afrika fisieke mishandeling ervaar, terwyl in sommige dele van die vasteland vier uit elke 10 meisies voor die ouderdom van 15 aan seksuele geweld ly. In sommige streke ervaar meer as agt uit 10 kinders tussen die ouderdomme van 1 en 14 elke maand gewelddadige dissipline. Kosmos 94.1 Nuus het met die holistiese sielkundige Anna Wucher gesels oor hoe emosies soos aggressie lei tot mishandeling.