Simonis Storm pas inflasievoorspelling vir 2022 aan

Ekonoom Theo Klein van Simonis Storm sê hulle het hul inflasievoorspelling vir Namibië aangepas vanaf 4,7 persent tot 6,1 persent vir 2022. Hulle glo hierdie voorspelling is aan die konserwatiewe kant aangesien brent-ruolie ingereken is op 140 Amerikaanse dollar en ‘n gemiddelde Suid-Afrikaanse rand-wisselkoers van 15,30 teenoor die Amerikaanse dollar. As enige van hierdie aanwysers meer versleg as na verwagting as gevolg van ‘n langdurige oorlog in die Oekraïne, sal inflasie waarskynlik in 2022 tot sowat 10,4 persent styg.