Von Bachdam kry invloei ná milde reën

Ná die naweek se milde reënbuie het die Von Bachdam invloei gehad met sy vlak wat tans op 52,5 persent staan teenoor verlede week se 52,1 persent. Die dam was verlede jaar die ooreenstemmende tyd 84 persent vol. Die Swakoppoort is 95,8 persent vol. Die Suide-damme is oorlopens toe vol met die Nautedam wat 101,4 persent vol is, die Neckartaldam 100,5 en die Hardapdam 71,5 persent. Namibiese damme is gesamentlik 84,8 persent vol teenoor verlede jaar se 87,7 persent.