SA minister van water sê grondwater is belangrik

Die Suid-Arikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê grondwater speel ‘n belangrike rol om watersekerheid in Suid-Afrika te verseker. Vandag is die Verenigde Nasies se Wêreld-waterdag. Hy het in Hatfield, Pretoria, gepraat oor die stand van die land se waterbronne. Mchunu sê dit dra soveel as 13 persent van die totale nasionale watervoorraad by en in sommige gebiede voorsien dit soveel as 100 persent van die beskikbare water.