Sentrale- en Ooste-damme vertoon swak teenoor ’21

Namibiese damme is tans 81,1 persent gesamentlik vol. Suide-damme is gesamentlik 89,8 persent vol, ondanks verliese van 1,819 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam en 1,627 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam. Sentrale damme is tans 59,4 persent vol teenoor verlede jaar se 84 persent die ooreenstemmende tydperk. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 22,2 persent vol teenoor verlede jaar se 37,4 persent.