Napso-sportweek bied meer as 800 wedstryde

Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek vind van 1 tot 4 Mei by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaas. Sowat 3 500 jong sportmanne en -vroue van 21 privaatskole in Namibië sal deelneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Netbal-, rugby- en hokkiespanne sal in meer as 800 wedstryde in aksie wees. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.