Man vertel hoe hy ‘duine-baba’ gevind het

Die ma van die 16-maande-oue dogtertjie wat in die duine buite Walvisbaai gevind is, het in die Walvisbaai landdroshof verskyn. Wilhelmina Ndapewa Abed is aangekla van kinderverlating en is borgtog geweier. Die saak is tot 18 Junie uitgestel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tutjavi Meuruune, die man wat die baba gevind het. Hy vertel wat gebeur het en hoe hy gevoel het om die baba alleen te sien.