NARETU-vakbond vorder met nog ‘n ooreenkoms

Die vervoervakbond Namibian Revolutionary Transport Union, NARETU, en ‘n plaaslike vervoermaatskappy, Van Dyk Petroleum, het ‘n ooreenkoms onderteken oor salarisverhogings en ander voordele. Petersen Kambinda, sekretaris-generaal van die vakbond is van mening dat gesonde arbeidsverhoudinge moontlik is wanneer hulle hul geskille deur middel van dialoog kan besleg. Die vakbond het verlede maand in Windhoek gestaak weens onbillike arbeidspraktyke en lae lone deur verskeie werkgewers. Kambinda sê daar is sommige maatskappye wat werknemers regverdig begin behandel het en beter lone gee, maar sommige maatskappye respekteer steeds nie hul werkers nie.