Selfs die vervoer van die olie is duurder

Olietenkskepe se tariewe styg wêreldwyd terwyl handelaars sukkel om kommer oor moontlike ontwrigting in Russiese voorrade die hoof te bied. Daar is ook verhoogde versekeringpremies vir skepe wat die Middellandse-see benut as gevolg van oorlogsrisiko’s. Maar, die probleem eindig nie daar nie. Skeepseienaars worstel ook met hoër brandstofkoste om die olie te vervoer. Wêreldwyd is energiesektor bekommerd oor verdere sanksies wat uitvoere en voorrade kan ontwrig. Brandstoftenkwapryse van die Verenigde State na Europa het Donderdag met meer as 8 persent gestyg.