Calle maan hervestigde boere om produtief te wees

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, sê hervestigde boere dien as ‘n bemagtigingsinstrument wanneer hulle grond bekom, wat ‘n produktiewe bate is, en wat hulle dan in staat stel om ander in diens te neem en by te dra tot sosio-ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte. Schlettwein was by Rietfontein se werkswinkel wat boere net voor hervestiging oplei. Volgens Schlettwein word die begunstigdes die geleentheid gebied om hul grond produktief en winsgewend te benut. Hy het hulle daaraan herinner dat hulle ‘n plig en verantwoordelikheid het om by te dra aan voedselsekerheid in die land.