NLU se skaapwaardeketting-studie amper voltooi

Die Namibiese Landbou-unie sê die studie oor die skaapwaardeketting wat deur die Lewendehawe Produsente Organisasie saam met Hartlief onderneem is, is byna gefinaliseer. Die studie toon definitiewe geleenthede vir internasionale markte as ’n aanvullende bemarkingsalternatief tot die bestaande Noorweegse mark. Die geleentheid is dus daar, maar heelwat uitdagings sal te bowe gekom moet word om alternatiewe markte te laat realiseer.