SA presidensie stel Energie-aksieplan vorderingsverslag bekend

Die Presidensie in die buurland het ‘n bygewerkte verslag oor die Energie-aksieplan vrygestel, wat toon daar is aansienlike vordering om beurtkrag te beëindig. Woordvoerder Vincent Magwenya sê die plan het ten doel om die omvang van beurtkrag te verminder. Dit wil ook langtermyn energie-sekerheid so vinnig moontlik te bereik deur die verkryging van nuwe generasie-kapasiteit vanaf hernubare energie, gas en batteryberging.