Skrap van e-tol in Staatskoerant aangekondig

Gauteng se e-tolstelsel sal op 12 April geskrap word. Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het die kennisgewing vandag in die Staatskoerant publiseer. Die kennisgewing bepaal die tol-verklaring op dele van die N1, N3, N4, N12 en R21 sal op die datum onttrek word. Daar is geen besonderhede oor terugbetalings of wat met motoriste se skuld sal gebeur nie.