IOK tevrede met Brisbane se voorbereiding vir 2032-Spele

Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee is tevrede met Brisbane se voorbereiding vir die Spele van 2032, ondanks onenigheid oor die verandering van stadions. Die voorsitter van die IOK se Koördineringskommissie, Kirsty Coventry, is bekommerd oor die regering in Queensland se jongste verskuiwing van die stadions. Vrae word ook geopper oor nog veranderings sou daar in Oktober ‘n nuwe regering in die Australiese staat wees. Coventry sê die hanteer van politieke verandering is deel van elke gasheerstad se voorbereidings, en sy is seker almal sal saamstem oor die pad vorentoe.