SA-poskantoor moet geprivatiseer word – opposisiepartye

Opposisiepartye in die buurland hernu oproepe vir die privatisering van die buurland se poskantoor. Hulle sê die ANC se beleid van kaderontplooiing het die instelling vernietig. Parlementslede het die maatreëls bespreek wat ingestel moet word nadat die Poskantoor voorlopig gelikwideer is en die negatiewe uitwerking wat dit mag hê op die uitbetaling van maatskaplike toelae. Hoewel die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele, sê die Poskantoor is ʼn prioriteit vir die regering, het die DA-parlementslid, Tsholofelo Bodlani, aangevoer ʼn gedeeltelike privatisering kon belegging en beter bestuursprosesse gelok het.