SA vervoerbedryf moenie paaie versper: polisiebaas

Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, moedig die vervoerbedryf aan om vreedsame samesprekings te voer en maniere te kry om hulle geskille te besleg. Sy sê die versperring van paaie in verkiesingsweek uit protes, is ‘n strafregtelike oortreding en wetstoepassingsagentskappe sal streng optree teen enigiemand wat die wet oortree. Mosikili sê normale dag-tot-dag polisiëring duur voort met opsporingsoperasies, padblokkades, stop-en-deursoekings en patrollies.