Ons ‘moet meer doen om mariene hulpbronne te beskerm’

Namibië is ryk aan mariene- en varswater-hulpbronne. Dit moet egter ontwikkel word op ‘n wyse wat die omgewing beskerm, werk skep en die ekonomie ‘n hupstoot gee. Die Blou Ekonomie-beleid vir 2022 tot 2031 is daarop gemik om visserye, akwakultuur, mariene toerisme en selfs mynbou op ‘n volhoubare manier te bestuur. Dit is moontlik nie genoeg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van Hoë Ekonomiese Intelligensie, oor wat gedoen moet word om hulpbronne volhoubaar te bestuur.