Macron woedend oor Israelse aanvalle op tentkamp

Die Franse president, Emmanuel Macron, is woedend oor Israel se aanvalle op ‘n tentkamp vir ontwortelde Palestyne in Rafah, en eis ‘n onmiddellike skietstilstand. Amptenare in Gaza sê minstens 45 mense is in die aanval dood. Macron sê op sosiale media die operasies moet stopgesit word omdat daar geen veilige gebiede vir Palestynse burgerlikes is nie. Die Gesondheid-departement in die Hamas-bestuurde Gaza sê die oornag-aanvalle het brande laat ontstaan wat ontwortelde mense in hulle tente laat doodbrand het, talle van hulle vroue en kinders.