Bates van US$80m ter sprake in Mugabe-dogter, 33, se egskeiding

Die egskeiding van die dogter van Zimbabwe se ontslape leier Robert Mugabe het die massiewe rykdom wat deur die oudpresident se familie versamel is blootgelê, met hofstukke wat eiendomme ter waarde van byna 80 miljoen Amerikaanse dollar lys. Die 33-jarige Bona Mugabe het vroeër vanjaar vir ‘n egskeiding van haar man van nege jaar, Simbarashe Mutsahuni, ’n voormalige loods, aansoek gedoen. Die stukke maak melding van luukse motor, byna 1 miljoen Amerikaanse dollar in kontant sowel as 21 plase en meer as 25 residensiële eiendomme in luukse Harare-voorstede, insluitend een ter waarde van 40 miljoen Amerikaanse dollar, en ‘n Dubai-herehuis van 8 miljoen Amerikaanse dollar.