Mense dryf antibiotika-weerstand aan: kenner

Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou antibiotika-weerstand as een van die grootste bedreigings vir globale openbare gesondheid. Die middels verloor hul doeltreffendheid, wat beteken dat algemene infeksies onbehandelbaar kan word. Dit kan lei tot meer siektes, langer hospitaalverblyf en selfs dood. Die misbruik en oorbenutting van antibiotika by mense en diere is die primêre drywers van hierdie krisis. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, oor die kwessie gepraat.