Sinner seil deur Franse Ope se eerste ronde

Tennis: Een van die gunstelinge, die Italianer Jannik Sinner, is veilig deur na die tweede ronde van die Franse Ope. Die wêreld se nommer twee-speler het die Amerikaner Christopher Eubanks in skoon stelle geklop terwyl die dak van die Suzanne Lenglen-baan die heel eerste keer toegemaak is weens reën. Ander wedstryde moes uitgestel word. In die vroue-afdeling het die agtste gekeurde Ons Jabeur van Tunisië ook haar eerste wedstryd op Roland Garros gewen en die Amerikaner Sachia Vickery 6-3, 6-2 uitgeskakel.