SA-navorsing toon Omikron is baie asimptomaties

Voorlopige uitslae van twee kliniese proewe in Suid-Afrika toon dat Omikron baie meer asimptomatiese gevalle het as vorige variante, wat moontlik kan verduidelik hoekom die variant so vinnig versprei. Veel meer mense in die buurland het positief getoets maar die meerderheid het of baie min, of geen, simptome nie. Tussen 16 en 31 persent van pasiënte toon geen simptome nie wat kan bydra aan die verspreiding van die siekte eenvoudig omdat mense nie weet hulle het dit onder lede nie.