Maleisië onderneem om sy tiere te red, net 150 oor

Die regering van Maleisië sê hulle is vasbeslote om die dalende Maleisiese tierbevolking te red. Natuurlewe-owerhede het vroeër bevestig daar is minder as 150 van die diere oor. Die eerste minister Ismail Sabri Yaakob sê in ‘n verklaring hierdie ikoniese spesie van sy land sal tot niet gaan as daar nie opgetree word nie. Hy het gister as voorsitter opgetree by die eerste vergadering van die nasionale tierbewaringstaakspan in Putrajaya om ‘n plan van aksie op te stel. Van die pogings wat reeds ingestel is, sluit in die meer doeltreffende toepassing van natuurbewaringswette.