SA & Nam se begrotings die week, met dieselfde uitdagings

Begrotings is in die nuus met die Suid-Afrikaanse een wat Woensdag gelewer word en plaaslik, lewer minister Ipumbu Shiimi Namibië s’n. Die buurland se ekonoom Dawie Roodt sê die ANC regering bestee te veel op salarisse in die staatsdiens en daardie uitdaging word ook plaaslik ervaar as gevolg van die grootte van die staatsdiens. Kosmos 94.1 Nuus het vir Jason Kasuto, besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates vir sy mening in die verband gevra.

Kasuto het ook sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.