Dwelms word ‘n wesenlike uitdaging

Daar was oor die naweek nog ‘n baie groot dwelm vonds deur die Namibiese polisie met meer as 421 000 Namibiese dollar se dagga wat gekonfiskeer is. Die tipe nuus raak al hoe meer algemeen in die land en volgens die streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, is dit net die oortjies van die seekoei.