Motorongelukke styg skerp in SA tydens Januarie

Altesaam 637 noodlottige ongelukke het in Januarie die lewens van 774 mense in Suid-Afrika geëis. Dis ‘n toename van 75 persent in ongelukke en 78 persent in sterftes op ‘n jaar-grondslag. Die buurland se vervoerminister, Fikile Mbalula, het die syfers bekend gemaak as deel van die maandelikse padvervoer-statistiek. Volgens Mbalula verskil die statistiek van 2022 nie veel van dié in 2020 voor die Covid-19 inperkings nie. Hy meen ‘n nuwe formaat om statistiek bekend te maak, mag meehelp om oplossings vir uitdagings in padveiligheid te kry: