SA Landbou-Inisiatief sê plaasaanvalle is gewelddadig

Suid-Afrikaanse boere is nie die enigste slagoffers van moorde nie en die aantal voorvalle is nie die hoogste van misdaadstatistieke nie, maar wat dit verskillend maak, is dat stedelike misdade nie dieselfde vlakke van brutaliteit en mishandeling het nie. Dit is die mening van die voorsitter van die Suider-Afrika Lanbou-Inisiatief, Theo de Jager. Hy het reageer nadat dertien plaasaanvalle verlede maand in die land voorgekom het. Hy sê hoewel die syfer laag voorkom in vergelyking met stedelike misdaad, is dit rede tot kommer.