Landbouministerie maan gemeenskappe teen Oranjerivier-vloede

Die Namibiese landbouministerie waarsku mense wat langs die Oranjerivier woon teen die groot volumes water wat onderweg is see toe. Die situasie vereis tans noukeurige monitering en waaksaamheid van beide Namibiese en Suid-Afrikaanse owerhede vir ’n groot vloed-impak op die stroomaf gebruikers op die laer Oranjerivier wat gewoonlik deur hierdie tipe vloede geraak word, lui die kennisgewing op die ministerie se Twitter-blad.