SA brandstofprysstyging gaan impak op landboubedryf hê

Motoriste in Gauteng sal vandag vir die eerste keer ooit meer as 20 rand betaal vir ‘n liter petrol. Die brandstofprys in Suid-Afrika styg vandag met 81 sent per liter. ‘n Liter petrol aan die kus kos 19 rand 63 sent. Die prys van diesel styg met tussen 72 en 75 sent per liter. Nie alleen het die prys van ru-olie gestyg nie, maar die rand het ook verswak. Boonop verhoog die winsmarge op brandstof vanaf volgende maand en die balansfondsheffing is met 26 sent per liter verhoog. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Agribusiness in Suid-Afrika verduidelik wat die impak op die landboubedryf is.