SA bekroonde ekonoom lewer vandag praatjie in Windhoek

Die bekroonde Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler is baie opgewonde om in Windhoek deel te neem aan ‘n gesprek oor die ekonomie en omgewinsvolhoubaarheid wat deur High Economic Intelligence georganiseer is. Dit vind vanogggend om nege-uur by die Am Weinberg Boetiekhotel plaas. Die Namibiese handelsminister, Lucia Ipumbu, sal die gasspreker saam met Schussler wees. Hy vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat sy hooffokus sal wees.