Bank van Namibië stel vandag strategiese plan bekend

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab stel vanmiddag om twaalf-uur sy strategiese plan bekend stel. Die strategiese plan het ten doel om sake-uitdagings in perspektief te stel. Dit sal sakelui ‘n beter siening gee om enige uitdagings in besigheid te takel. Kazembire Zemburuka, adjunkdirekteur vir korporatiewe kommunikasie by die bank sê die dokument sal aanlyn beskikbaar wees.