Rusland wil dringende samesprekings met VSA voer

Rusland wil dringende samesprekings met die Verenigde State voer oor veiligheidsaangeleenthede. Die kommunistiese land het veiligheidsvoorstelle, gerig aan Navo en die Verenigde State gepubliseer en dringende samesprekings gevra, terwyl spanning tussen Moskou en hoofstede in die Weste oor die konflik in die Ukraine, opbou. Die verreikende voorstelle, wat Rusland sê noodsaaklik is vir sy veiligheid, bepaal Navo mag nie enige nuwe lede toelaat tot die militêre alliansie gelei deur die VSA nie en vra dat geen nuwe militêre basisse in voormalige Sowjetlande gevestig word nie.