Duduzane Zuma betree ook die politieke speelveld

Die seun van oud-president Jacob Zuma, Duduzane Zuma, het nog ‘n tree gevorder in die proses om vir ‘n hoër posisie in die ANC mee te ding. Hy is verkies as voorsitter van die ANC-tak in Wyk 11, Newlands-Oos in Durban. Duduzane is by die Newlands-Oos-gemeenskapsaal tydens ‘n twee-jaarlikse algemene vergadering van die ANC-tak, verkies.