Hou Namibië skoon!

Die Namibiese omgewingsministerie maan lede van die publiek om nie rommel te strooi nie, want dit is ‘n seer oog vir besoekers en besoedel die eko-stelsel. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, het in die ministerie se feesboodskap gesê rommel word veral in die see, op strande en duine van kusdorpe gesien wat omring is deur nasionale parke.

Hy het ook bevestig dat verwoestende veldbrande sowat 2,5 miljoen hektaar vanjaar in die land vernietig het.