Reënwolke rondom Rundu herinner aan somer – wat vir ‘n winter is die?

Dit is ‘n strawwe winter wat Namibië die jaar ervaar met vreemde weer in die binneland en die ergste oosweer aan die kus wat in 20 jaar voorgekom het. En in die omgewing van Rundu is dit uiters koud met reënwolke wat herinner aan die somermaande. Kosmos het met Kenya Kambowe, ‘n verslaggewer en inwoner van Rundu gepraat oor hoe dinge op die dorp lyk. Hy sê die sonnetjie is darem nog redelik warm.